SA Recipies

BLITSIGE KERRIEKOS


BLITSIGE KERRIEKOS

6 snye brood   bietjie olie

1 groot ui, gekap     250g spekvleis

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny       300g soutvleis, fyn gemaak

5ml borrie 30ml vars pietersielie, gekap

45ml blatjang   4 eiers, geskei

125ml melk     250ml Cheddarkaas, gerasper

 

Stel oond op 180C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder. Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by. Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk. Klits melk en eiers en giet oor gereg.  Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak 30 minunte of tot kaas bo-op goudbruin is.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck