Hyperlinks




SA Recipies

BESKUIT


BESKUIT

1kg Bruismeel                                            

2 kp suiker

2 – 3 kp semels

Sonneblomsaad en rosyne (oplsioneel)

2 teel. bakpoeier

1 teel. sout

500g margarien (bak)

500ml karringmelk

2 eiers geklits

Smelt margarien.   Klits eiers en karringmelk.  Voeg suiker by margarien en voeg eiers en karringmelk by.    Meng bruismeel, semels, bakpoeier, sout en sade.   Gooi margarien mengsel by en meng goed.   Sit in gesmeerde koekpanne ( oondpanne kan ook gebruik word)   Bak by 180 grade tot gaar.

Wag totdat dit goed koud is voordat jy dit sny,   Plaas op bakplaat en droog uit in oond by 100 – 130 grade.   Hou maar dop dat dit nie brand nie.

 

KOEKSISTERS

Maak stroop vorige aand aan en plaas in vrieskas.   Dit moet baie koud wees en haar net uit wanneer jy deeg begin uitrol.

Stroop

12 kp suiker

6 kp water

2 teel kremetart

Suurlemoenstukkies of gekneusde gemmer

Deeg

4 kp meel

knippie sout

1 Des. lepel margarien

4 teel. hoogvol bakpoeier

1 eier                    }

Halwe kop water   }     Klits saam

 

Vryf martgarien in meel, sout en bakpoeier.   Meng met eier en water.   Knie goed deur so 5 min (amper soos ‘n mens brood goed deurknie)   Jy kan die deeg die vorige dag ook aanmaak en in yskas bêre.  Deeg moet ook nie te sryf wees nie, indien te styf voeg ‘n bietjie lou water by.

Strooi jou uitrolplank met maizena voor jy begin uitrol.   Dit maak die koek-sister lekker crispie buite – anders gebruik net meel om mee uit te rol.   Ek

Last updated: 29th March 2011 by

Adverts