SA Recipies

BEESVLEIS BRAAISTUK - BRAAISTUKKE


BEESVLEIS BRAAISTUK - BRAAISTUKKE

30ml olie  1.5kg beesbraaistuk bv binneboud

2 uie, gekerf    4 koppies biefaftreksel

10ml worcestersous       5ml suiker

2-3ml swartpeper    15ml margarien

2 wortels geskraap, in dik snye     65ml meelblom

45ml tamatiepuree  3ml gemengde kruie

2-3ml sout

 

Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin. Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die pan, verbruin en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer olie by, as dit nodig is. Voeg aftreksel by en laat kook. Roer puree, worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis terug in pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur. Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer 30 minute.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck