Afrikaans

BANKROTSKAP - waar dit alles begin het


BANKROTSKAP - waar dit alles begin het

"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander
het, en my oortrokke rekeninge verdubbel het. Ek was net besig om daaraan
gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse,
en my oes verminder met die helfte. Toe verander hulle die reënval
van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n
duim reen gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd
Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies
wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van
morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek
oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop.
En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na
kilometer. Nou is my plaas so vêr uit die dorp, dat niemand daarin
belang stel nie!"

Last updated: 6th May 2015 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck