Afrikaans Gedigte

Ballade Van Die Selfmoodenaar

Ernst van Heerden


Ballade Van Die Selfmoodenaar

Dit is die swaarste pad, loop anderkant verby,
en laat dié oog se luik geslote bly;

Sê: hy had geen liefde, niks was vas of waar,
en glo dat dit die brein se knak verklaar.

- Die boot is omgekantel en die meeue kras
waar volle seile en 'n sterk roer was -

Kon hy jou ligte pyn en klein ontbering dra,
van sterwensiekte sou die siel nie kla;

Maar hy weet dapper dat dit skemering word,
en soek die antwoord - bitter, snel en kort.

Jou effenheid is deur 'n rimpeling verstoor,
maar hy het onrus in die ewigheid verloor.

Dus juig, o hart, oor bloed en lem,
die sku en wilde dier is eindelike getem.

Last updated: 25th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck