SA Recipies

APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK - BRAAISTUKKE


APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK - BRAAISTUKKE

1 heel varknek, van ongeveer 750g botter en olie

vars gemaalde swartpeper, paprika en sout  1 klein ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngemaak   375ml hoenderaftreksel

410g appelkoosheltes, gedreineer, behou die sap       3 heel naeltjies

30ml korrel of Dijonmosterd    1 kaneelstokkie

125ml room

 

Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies. Gebruik 125ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd, naeltjies en kaneel.  Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by, bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm. Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra appelkooshelftes en vars kruie.

Lewer 4-6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck