SA Recipies

AARTAPPEL EN SAMPIOEN GEBAK


AARTAPPEL EN SAMPIOEN GEBAK

800g aartappels, geskil en in skywe gesny   60ml botter

2 uie, fyn gekap      2 vet knoffelhuisies, fyngemaak

800g sampioene, afgevee       sout en peper

10ml worcestersous       60ml koekmeelblom

250ml sterk hoenderaftreksel 125ml melk

250g roomkaas       2 eiergele

50ml gekapte grasuie

 

Kook aartappels 5-7 minute in soutwater. Smelt intussen die helfte van die botter in ‘n pan en verhit tot kokend warm. Voeg uie, knoffel en sampioene by, verminder hitte en roerbraai tot al die vloeistof weggekook is. Geur met sout, peper en worcestersous. Trek opsy. Gebruik ‘n souskastrol en smelt die res van die botter. Roer die meel en kook twee minute. Klop aftreksel en melk by en roer oor matige hitte tot die sous dik is. Verwyder van die hitte, klop kaas, eiers en die helfte van die grasuie by. Proe en geur met sout en peper indien nodig. Rangskik die aartappels in gesmeerde oondskottel en dedek met die helfte van sous. Rangskik die  sampioene bo-op, bedek met die res van die sous en bak 25 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Strooi die res van die grasuie oor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck